Leksikograaf Boodskappe: 25910 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
homself
Afbreking: hom•self
Samestelling: hom + self
Wederkerende voornaamwoord: homself
Betekenis:
• Die terugkerende vorm van "hom" wat verwys na die manlike persoon wat genoem is.
Gebruik:
• Hy het homself geleer om kitaar te speel.
Spreekwoord:
• Hy gaan homself te buite. [Nie jou perke ken nie.]
• Die kwaad straf homself. [Die kwaad bring sy eie vergelding.]
• Elkeen is homself die allernaaste. [Elkeen sorg vir homself heel eerste.]
• Hy maak vir homself 'n lêplek by hulle. [Baie of tot vervelens by hulle kom.]
Antoniem:
• haarself
Vertaling:
Engels: himself
Nederlands: zichzelf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.