Lo(n)rinda(on) [boodskap #1190] |
Fri, 11 July 2003 11:36 |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wonner maar net, of jy naby London bly en of jy hierdie naweek nog die
Ukasie gaan besoek??
Ek is nie daar nie, my agenda het dit nie toegelaat nie, ek is baie jammer
daaroor.
GrRico
|
|
|
Re: Lo(n)rinda(on) [boodskap #1191 is 'n antwoord op boodskap #1190] |
Fri, 11 July 2003 20:22 |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Rico" skryf in boodskap news:...
> Ek wonner maar net, of jy naby London bly en of jy hierdie naweek nog die
> Ukasie gaan besoek??
>
> Ek is nie daar nie, my agenda het dit nie toegelaat nie, ek is baie jammer
> daaroor.
>
> GrRico
Ek bly in Londen, maar nee, ek gaan nie die Ukasie besoek nie. Ek het
nogal daaraan gedink om na Karen Zoid te gaan kyk wat daar 'n gig
speel, maar het op die ou einde daarteen besluit. Ek was al na 'n paar
suid-afrikaanse feeste, gigs en okasies hier, maar ek het besluit dat
'n groot groep wat in 'n vreemde land saamkom (selfs al bly hulle
hier, tydelik of permanent) liewer vermy moet word. Die laaste keer
toe ek by een was het die bouncers so vinnig koppe bymekaargeslaan dit
het soos aplous geklink:-). Dalk is Ukasie anders, maar ek sal maar
liefs nie gaan uitvind nie:-)
Die probleem is dalk dat baie van die wat dit bywoon baie baie jonk
is...:-))
Lorinda
|
|
|