Leksikograaf Boodskappe: 21172 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
trou
Afbreking: trou
Werkwoord: trou
Verlede tyd: het getrou
Teenwoordige deelwoord: trouende
Betekenis:
• In die huwelik bevestig; in die eg verbind word.
Gebruik:
• Ek trou op 1 Julie.
Spreekwoord:
• Trou is nie perdekoop nie. [Trou is ’n ernstige saak.]
• Jakkals trou met wolf se vrou. [Dit reën terwyl die son skyn.]
• Haastig trou bring gou berou. [Leer jou maat goed ken voordat jy trou.]
• Met die linkerhand trou. [Huwelik van 'n man uit die adelstand met 'n vrou uit 'n laer stand.]
• Sy trou met die handskoen. [By die afwesigheid van die bruidegom die huwelikseremonie met sy gevolmagtigde deurgaan.]
Afgelei:
• troubelofte
• trourok
• trouseremonie
Vertaling:
Engels: to marry, wed
Nederlands: trouwen
Xhosa: enda