Betekenis:
• 'n Kans of die moontlikheid tot iets; gunstige omstandigheid.
• 'n Funksie of byeenkoms; gebeurtenis.
Gebruik:
• Magaliesburg word deur vakansieplekkies omring, wat stedelinge die geleentheid bied om te ontsnap.
• Ter geleentheid van die politieke alliansie het die twee monarge geskenke uitgeruil.
Spreekwoord:
• Die geleentheid maak die dief. [As iets oop, onbewaak lê, lok dit diefstal uit.]