Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sentrum
sentrum [boodskap #126208] Mon, 27 May 2019 07:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
sentrum
Afbreking: sen•trum



Selfstandige naamwoord: sentrum
Meervoud: sentrums, sentra
Verkleinwoord: sentrumpie
Meervoud van verkleining: sentrumpies

Betekenis:
• Middelpunt of middelste gedeelte; die sentrale deel van iets.
• Invloedryke plek; gebou of punt waar bepaalde aktiwiteite gekonsentreer is.

Gebruik:
• Sunnyside is 'n goed ontwikkelde gebied in Pretoria, direk oos van die sentrum van die stad.
• Die Carlton-sentrum is 'n 50-verdieping hoë wolkekrabber in Johannesburg.

Hiponiem:
• distribusiesentrum
• episentrum
• gemeenskapsentrum
• gravitasiesentrum
• inkopiesentrum
• jeugsentrum
• magsentrum
• kommunikasiesentrum
• mediasentrum
• opleidingsentrum
• rekenaarsentrum
• sportsentrum
• toeristesentrum
• winkelsentrum

Vertaling:
Engels: centre, center
Nederlands: centrum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: magte
Volgende onderwerp: geleentheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 23:44:39 UTC 2025