Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Baltimore is die grootste stad in Maryland, V.S.A. Die stad lê by die monding van die Patapscorivier in Chesapeakebaai en is bekend vir sy groot hawe en as spoorwegsentrum. Bedrywe sluit in: tekstiel, meelblom en yster. Veral graan word van hier af uitgevoer.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.