Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leef
leef [boodskap #126183] So., 26 Mei 2019 09:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24572
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leef
Afbreking: leef



Werkwoord: leef
Verlede tyd: het geleef
Teenwoordige deelwoord: lewend, lewende
Verlede deelwoord: geleefde

Betekenis:
• Om lewendig en nie dood te wees nie.
• Die deurmaak van die lewe; manier van daaglikse bestaan.

Gebruik:
• Sy leef as drie jaar langer as verwag met die kanker.
• Hy leef net vir sport.

Spreekwoord:
• Leef en laat leef. [Gun ander ook iets.]
• Al wat leef en beef. [Elke lewende wese.]
• Hy leef op sy binnevet. [Hy lewe op sy kapitaal.]
• Van gunste en gawes leef. [Hy leef van die liefdadigheid van ander.]
• Wie dan leef, wie dan sorg. [Moenie jou oor die toekoms bekommer nie.]
• Van liefde en koue water leef. [Skertsend gesê van 'n paartjie wat baie verlief is.]
• Te min om van te leef en te veel om van dood te gaan. ['n Baie skraal inkomste hê.]

Sinoniem:
• lewe

Afgelei:
• leefarea
• leefplek
• leefstyl
• leeftyd
• leefwêreld
• leefwyse

Vertaling:
Engels: to live
Nederlands: leven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Duits
Volgende onderwerp: hoog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Mrt. 10 19:16:22 UTC 2026