Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » omtrent
omtrent [boodskap #126180] Sun, 26 May 2019 09:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
omtrent
Afbreking: om•trent




Bywoord: omtrent

Betekenis:
• Wat min of meer reg is; by benadering; om en by.
• Oor of aangaande iets; betreffende.

Gebruik:
• Die gesin is omstreeks 00:15 deur omtrent vyf aanvallers in hul plaashuis oorrompel.
• Hierdie artikel handel omtrent die woord "omtrent".

Sinoniem:
• nagenoeg
• naastenby
• ongeveer
• sowat

Afgelei:
• daaromtrent
• hieromtrent
• waaromtrent

Vertaling:
Engels: approximately, almost, near, about; about, concerning
Nederlands: omtrent

Nota:
• In sy funksie as bywoord, kan "omtrent" ook as voorsetsel optree.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meerderheid
Volgende onderwerp: kultuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 23:55:09 UTC 2025