Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
liefde
Afbreking: lief•de
Uitspraak: /ˈlifdə/
Selfstandige naamwoord: liefde
Meervoud: –
Betekenis:
• Die gevoel wat 'n mens het wanneer jy baie van iets of iemand hou; 'n warme geneentheid; gehegtheid aan 'n persoon of saak.
Gebruik:
• Liefde is die hoogste vorm van omgee en word dikwels verwar met verliefdheid, 'n neurobiologiese verskynsel.
Spreekwoord:
• Van liefde en koue water leef. [Skertsend gesê van 'n paartjie wat baie verlief is.]
• Die liefde is blind. ['n Mens sien nie die gebreke in die voorwerp van jou liefde nie.]
• Ou liefde roes nie. [Die liefde wat 'n mens eenmaal vir 'n persoon gehad het, gaan nooit heeltemal weg nie.]
• As armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit. [Liefde word in die getroude lewe minder as die armoede druk.]