Betekenis:
• Geveg tussen soldate tydens 'n oorlog; militêr tref.
• 'n Hou wat toegedien word; iemand opsetlike met die hand of 'n voorwerp slaan.
• 'n Pynlike of nadelige gebeurtenis; iets sleg wat gebeur het; 'n terugslag.
• 'n Skielike harde geluid; klank van 'n klap of ontploffing; knal.
• Iets waarmee mens goed is.
• 'n Keer; herhaling (soos 'n hartslag, polsslag, swemslag, klokslag, ens).
Gebruik:
• Die Slag van Bronkhorstspruit was die eerste geveg van die Eerste Vryheidsoorlog.
• Die slae reën op sy rug neer.
• Die werknemer se dood was 'n slag vir die maatskappy.
• Die deur klap met 'n harde slag toe.
• Sy het 'n slag met kinders, en weet hoe om hulle te hanteer.
• Hy was vir 'n slag by die werk. Jy moet weer 'n slag kom kuier.
Spreekwoord:
• Sonder slag of stoot. [Sonder enige teenstand.]
Vertaling:
Engels: battle, blow, jolt, knack, some time, for a change
Nederlands: slag
Werkwoord: slag
Verlede tyd: het geslag
Teenwoordige deelwoord: slagtende
Betekenis:
• 'n Dier vir sy vleis of as 'n offerande doodmaak.
Gebruik:
• Hulle slag 'n lam vir die feesmaal.
Spreekwoord:
• Die gemeste kalf slag. ['n Gebeurtenis luisterryk vier.]
Vertaling:
Engels: to slaughter, butcher, kill
Nederlands: slachten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.