gesin [boodskap #126151] |
Sat, 25 May 2019 06:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gesin
Afbreking: ge•sin
Selfstandige naamwoord: gesin
Meervoud: gesinne
Verkleinwoord: gesinnetjie
Meervoud van verkleining: gesinnetjies
Betekenis:
• 'n Huishouding wat bestaan uit twee ouers ('n ma en 'n pa) met hulle kinders.
Gebruik:
• Ons gesin gaan op 'n uitstappie.
Afgelei:
• huisgesin
• gesinslede
Vertaling:
Engels: family, household
Nederlands: gezin
Nota:
• 'n Gesin verwys net na 'n pa, ma en kinders, terwyl familie ook ooms, tantes, oumas, oupas, niggies en neefs insluit.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|