Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gemeenskap
gemeenskap [boodskap #126148] Sat, 25 May 2019 06:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gemeenskap
Afbreking: ge•meen•skap
Uitspraak: /χəˈmɪə̯nˌskap/




Selfstandige naamwoord: gemeenskap
Meervoud: gemeenskappe
Verkleinwoord: gemeenskappie
Meervoud van verkleining: gemeenskappies

Betekenis:
• 'n Aantal mense of diere wat saam 'n groep vorm; samelewing; sosiale orde.
• Met een of meer persone deel aan iets hê; 'n onderlinge deelgenootskap.
• Omgang; verkeer.

Gebruik:
• In die VSA is daar talle plaaslike gemeenskappe. Hy behoort aan die gemeenskap van gelowiges.
• Sy trou binne gemeenskap van goedere.
• Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword. [Genesis 4:1]

Hiponiem:
• boerderygemeenskappe
• jagtersgemeenskappe
• kultuurgemeenskap

Afgelei:
• gemeenskaplik
• gemeenskapskoerant

Vertaling:
Engels: community; intercourse
Nederlands: gemeenschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toon
Volgende onderwerp: park
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 23:53:27 UTC 2025