Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reis
reis [boodskap #126140] Vr., 24 Mei 2019 14:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24162
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reis
Afbreking: reis
Uitspraak: /rə̟i̯s/




Selfstandige naamwoord: reis
Meervoud: reise
Verkleinwoord: reisie
Meervoud van verkleining: reisies

Betekenis:
• Tog na 'n afgeleë plek; 'n lang rit weg van die huis af.

Gebruik:
• Die reis tussen Pretoria en Johannesburg het destyds ongeveer vyf uur per koets geduur.

Spreekwoord:
• Hy is gestewel en gespoor vir die reis. [Ten volle toegerus.]

Hiponiem:
• bootreis
• dagreis
• heenreis
• heen-en-terugreis
• inspeksiereis
• lugreis
• motorreis
• ontdekkingsreis
• oorlandreis
• pelgrimsreis
• sabbatsreis
• sakereis
• seereis
• studiereis
• terugreis
• treinreis
• vakansiereis
• vliegtuigreis

Afgelei:
• reisavontuur
• reisbeskrywing
• reiservaring
• reisgeleentheid
• reisgenoot
• reisgids
• reisiger
• reisjoernaal
• reiskaart
• reisplan
• reistog
• reistyd
• reisvaardig

Homofoon:
• rys (graansoort; uitstyg)

Vertaling:
Engels: journey, voyage, trip
Nederlands: reis


Werkwoord: reis
Verlede tyd: het gereis
Teenwoordige deelwoord: reisend, reisende

Betekenis:
• Om onderweg te wees; die handeling om van die huis na 'n afgeleë plek te gaan.

Gebruik:
• Handelaars reis van plek tot plek om goedere te ruil.
• Vakmanne (soos skaapskeerders) reis na waar daar ook al vir hulle werk is.

Afgelei:
• meereis
• rondreis
• saamreis

Vertaling:
Engels: to travel, tour
Nederlands: reizen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vroeër
Volgende onderwerp: beweging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 11:14:31 UTC 2025