Betekenis:
• Om iets in besit te hê.
• Om te bepaal hoe sake moet verloop; besluit; reël.
Gebruik:
• Die wynplaas beskik oor 'n hotel en 'n restourant, maar is veral bekend vir sy 18-putjie-gholfbaan.
• Ek beskik nie oor wie langs My op my troon sal sit nie. [Markus 10:40]
Spreekwoord:
• Die mens wik, maar God beskik. [Die mens maak planne, maar dinge gebeur volgens God se wil.]
Afgelei:
• beskikbaar
• beskikking
Vertaling:
Engels: to have; decide, arrange, dispose, direct
Nederlands: beschikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.