duidelik [boodskap #126128] |
Vr, 24 Mei 2019 06:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
duidelik
Afbreking: dui•de•lik
Byvoeglike naamwoord: duidelik
Vergrotende trap: duideliker
Oortreffende trap: duidelikste
Attributief: duidelike
Partitief: duideliks
Intensief: glasduidelik
Betekenis:
• Vry van twyfel; wat nie verkeerd verstaan word nie.
• Maklik herkenbaar; opvallend; helder; skerp.
• Maklik om te verstaan.
Gebruik:
• Die verslag is tog duidelik oor die oorsaak.
• Die foto is duidelik.
• Die onderwyser het alles duidelik en verstaanbaar verduidelik.
Vergelyking:
• so duidelik soos daglig
Antoniem:
• onduidelik
Vertaling:
Engels: clear, plain; distinct; obvious
Nederlands: duidelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|