Betekenis:
• Wat deur 'n bevoegde gesag erken word; van 'n gesaghebbende bron of outoriteit; uit die krag van 'n amp; ampshalwe; ex officio.
• Wat statig en formeel is.
Gebruik:
• Taiwan is tans 'n demokratiese eiland wat amptelik as die Republiek Sjina bekend staan.
• Die statige man het ewe amptelik vorentoe getree.
Sinoniem:
• offisieel
Antoniem:
• nieamptelik
Verwant:
• beampte
• amptenaar
Vertaling:
Engels: official
Nederlands: officieel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.