amptelik [boodskap #126111] |
Thu, 23 May 2019 17:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
amptelik
Afbreking: amp•te•lik
Byvoeglike naamwoord: amptelik
Vergrotende trap: ampteliker
Oortreffende trap: amptelikste
Attributief: amptelike
Betekenis:
• Deur bevoegde gesag erken; van 'n gesaghebbende bron of outoriteit; uit die krag van 'n amp; ampshalwe; ex officio.
• Formeel; statig.
Gebruik:
• Taiwan is tans 'n demokratiese eiland wat amptelik as die Republiek Sjina bekend staan.
• Die statige man het ewe amptelik vorentoe getree.
Sinoniem:
• offisieel
Antoniem:
• nieamptelik
Verwant:
• beampte
• amptenaar
Vertaling:
Duits: amtlich
Engels: official
Nederlands: officieel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|