Leksikograaf Boodskappe: 21085 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
indien
Afbreking: in•dien
Voegwoord: indien
Betekenis:
• Druk 'n voorwaarde uit: in die geval dat; as dit so is.
Gebruik:
• Indien die tyd verstreke is op die vyfde dag en die teiken is nie behaal nie, word die toets gelykop verklaar.
• Hy sal wel vrygelaat word indien die losgeld betaal is.
Sinoniem:
• as
Vertaling:
Engels: if, in case
Nederlands: indien
Nota:
• Onderskikkende voegwoord
Werkwoord: dien in, indien
Verlede tyd: het ingedien
Betekenis:
• Iets inlewer of voorlê.
Gebruik:
• Jy moet jou belasting indien.
• Sy moet nog haar huiswerk indien.
Vertaling:
Engels: to submit, present
Nederlands: indienen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.