Betekenis:
• Die sy van 'n voorwerp; een van die helftes (sykant, syvlak).
• Rand van 'n voorwerp; waar twee vlakke teen 'n hoek met mekaar aansluit; smal sy; grens.
• Rigting van iets/iemand.
• Netjies maak; skoonmaak; opgeruim.
• Uitwis; uitroei; doodmaak.
• Fyn materiaal om klere af te rond; kunstige vlegwerk van linne, katoen of sy.
Gebruik:
• 'n Vel papier het twee kante. Van watter kant af moet mens dit bekyk?
• Pasop, daardie kant van die mes is baie skerp. Die man spring van die kant van 'n gebou af.
• Watter kant toe moet ons ry? Die regte kant word op die bord aangedui.
• Maak jou kamer aan die kant.
• Die man het homself van kant gemaak.
• Die kant op die rok is netjies afgewerk.
Spreekwoord:
• Van kant maak. [Doodmaak.]
• Hou die blink kant bo. [Hou moed.]
• Jy moet jou kant bring. [Jou deel bydra.]
• Ons is nou kant en klaar. [Heeltemal gereed.]
• Aan hierdie kant van die graf. [Terwyl iemand nog lewe.]
• Die dam lê kant en wal. [Tot oorlopens toe vol.]
• Die een kant op en die ander kant af. [Dan goed, dan sleg.]
• Dit raak kant nóg wal. [Heeltemal verkeerd wees.]
• Ek weet nie watter kant toe nie. [Raadop wees; druk of moeilik hê.]
• Elke saak het sy blink kant. [Geen ding is net sleg nie.]
• Familie van Adam se kant. [Baie ver verwant wees.]