Leksikograaf Boodskappe: 20783 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
minister
Afbreking: mi•nis•ter
Selfstandige naamwoord: minister
Meervoud: ministers
Verkleinwoord: ministertjie
Meervoud van verkleining: ministertjies
Betekenis:
• (regering) Politikus wat as hoof van 'n departement of afdeling van 'n regering dien.
Gebruik:
• 'n Regering bestaan gewoonlik uit 'n president of eerste minister, en 'n groep ministers wat saam die kabinet vorm.
• Die minister van buitelandse sake, Pik Botha, het die verdrag namens Suid-Afrika onderteken.
Afgelei:
• adjunkminister
• kabinetministers
Vertaling:
Engels: minister
Nederlands: minister
Nota:
• Afgelei van die Latynse 'minister', dienaar.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.