Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » destyds
destyds [boodskap #125944] Sa, 18 Mei 2019 08:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20783
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
destyds
Afbreking: des•tyds




Bywoord: destyds

Betekenis:
• In daardie tyd; wat vroeër of lank gelede gebeur het.

Gebruik:
• EK was destyds nog 'n tjokker.
• 'n Kenmerk van dié destyds moderne gebou is sy wegstaande toring wat met die gebou verbind is.

Vertaling:
Engels: at that time, then
Nederlands: destijds


Byvoeglike naamwoord: destyds
Attributief: destydse

Betekenis:
• In daardie tyd; wat vroeër of lank gelede gebeur het.

Gebruik:
• Hy was die destydse president.
• Beeld het uiteindelik die stryd gewen met die verdwyning van al vier die destydse Perskor-dagblaaie.

Vertaling:
Engels: erstwhile
Nederlands: destijds

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geval
Volgende onderwerp: ouderdom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 19:34:22 MGT 2024