Werkwoord: val
Verlede tyd: het geval
Teenwoordige deelwoord: vallende
Betekenis:
• Voltooide deelwoord van val: vinnige daling; pla terwyl gepraat; sekere tyd gebeur het.
• Aanstaan; behaag.
Gebruik:
• Die ruiter het van sy perd geval.
• Sy het my in die rede geval.
• Op watter dag het Werkersdag vanjaar geval.
• Dit het my nie geval nie.
Spreekwoord:
• Sy is nie op haar bek geval nie. [Baie goed en pittig praat; het altyd 'n antwoord.]
• Hy het in die botter geval. [Groot geluk het hom getref.]
• Dit het in my skoot geval. [Sonder inspanning verkry.]
• Dit het in vreemde hande geval. [Dit het die eiendom van vreemdelinge geword.]
• Hoog gevlieg en laag geval. [Iemand het te weelderig gelewe en toe bankrot gespeel.]
• Die koek het in die as geval. [Die saak het misluk.]