Leksikograaf Boodskappe: 20783 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
distrik
Afbreking: dis•trik
Selfstandige naamwoord: distrik
Meervoud: distrikte
Verkleinwoord: distrikkie
Meervoud van verkleining: distrikkies
Betekenis:
• 'n Gebied met 'n eie plaaslike regering en administrasie (meestal met 'n landdros as hoof).
• Die gebied buite 'n dorp in die algemeen.
Gebruik:
• Die distrik Klerksdorp is 'n belangrike landbousentrum, wat mielies, sorghum, grondboontjies en sonneblomme verbou.
• Wyn word in die distrik verbou.