Tuis » Taal » Woordeboek » my (mý)
my [boodskap #125927] |
Sa., 18 Mei 2019 06:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21429 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
my
Afbreking: my
Uitspraak: /məi/
Besitlike voornaamwoord: my
Betekenis:
• Dui iets wat deur die spreker/skrywer besit word aan; aan hom of haar behoort.
Gebruik:
• Dis my boek.
• My huis moet geverf word.
Sinoniem:
• myne
Homofoon:
• Mei
Vertaling:
Duits: mein
Engels: my, mine
Frans: mon
Nederlands: mijn
Nota:
• Hierdie is die besitlike vorm van die persoonlike voornaamwoord, eerste persoon, enkelvoud.
Persoonlike voornaamwoord: my
Betekenis:
• Iets wat met die spreker of skrywer van die sin te make het.
Gebruik:
• Koos het my geslaan.
Vertaling:
Engels: me
Nederlands: mij
Nota:
• Hierdie is die voorwerpsvorm van die persoonlike voornaamwoord, eerste persoon, enkelvoud.
Wederkerende voornaamwoord: my
Betekenis:
• Wat die spreker self betref.
Gebruik:
• Ek het my beseer.
• Ek skaam my morsdood.
Sinoniem:
• myself
Vertaling:
Engels: myself
Nederlands: mij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 07 12:52:43 UTC 2025
|