Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » groei
groei [boodskap #125923] Vr, 17 Mei 2019 20:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Saadjie wat ontkiem het.
'n Saadjie wat ontkiem het.
groei
Afbreking: groei




Werkwoord: groei
Verlede tyd: het gegroei
Teenwoordige deelwoord: groeiende

Betekenis:
• Groter word; in grootte toeneem.

Gebruik:
• Die mannetjie groei nou vinnig.

Spreekwoord:
• Nie gras onder jou voete laat groei nie. [Dadelik; sonder om te wag.]
• Geld groei nie op sy rug nie. [Jy moet hard werk vir jou geld.]
• Uit jou klere groei. [Vinnig groei en jou klere is reeds te klein.]
• Hy groei deur sy hare. [Hy word kaalkop.]
• Sy baard groei deur sy keel. [Gesê wanneer 'n seun se stem breek.]
• Teen die dood groei geen kruid nie. [Daar is geen middel teen die dood nie.]
• Daar groei niks in die skaduwee van 'n groot boom nie. [Iemand wat naby aan 'n groot persoonlikheid beweeg, kry nie kans om self te ontwikkel nie.]

Sinoniem:
• grootword
• ontwikkel
• opskiet
• vermeerder

Antoniem:
• krimp
• wegkwyn

Afgelei:
• groeikoers
• opgroei

Vertaling:
Engels: to growth
Nederlands: groeien


Selfstandige naamwoord: groei
Meervoud:

Betekenis:
• Proses waardeur iets groter word; tot volwassenheid kom.
• In graad of mate toeneem.

Gebruik:
• Die mielies is mooi aan die groei?
• Die ekonomiese groei het almal verbaas.

Vertaling:
Engels: growth
Nederlands: groei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: term
Volgende onderwerp: beroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 23:33:12 MGT 2024