Stellenbosch [boodskap #125913] |
Fri, 17 May 2019 18:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Stellenbosch
Afbreking: Stel•len•bosch
Pleknaam: Stellenbosch
Betekenis:
• Die tweede-oudste Europese nedersetting in Suid-Afrika (naas Kaapstad), geleë in die Wes-Kaap.
Gebruik:
• Stellenbosch is in 1679 deur goewerneur Simon van der Stel gestig.
• Stellenbosch staan ook as die Eikestad, Matiestad en Matieland bekend.
Vertaling:
Engels: Stellenbosch
Nederlands: Stellenbosch
Nota:
• Genoem na Simon van der Stel. Letterlik "(Van der) Stel se Bos", na 'n beboste deel op 'n eiland in Eersterivier waar hy oornag het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|