Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontheem
Afbreking: ont•heem
Werkwoord: ontheem
Verlede tyd: het ontheem
Betekenis:
• Van huis en haard verdryf; huisloos laat.
• (figuurlik) Eensaam en alleen.
Gebruik:
• Talle mense is deur die vloed ontheem.
• In 'n wêreld waar ons van ons familie en vriende ontheem is, met naastes oraloor die aardbol versprei, voel ons dikwels onbeholpe en alleen.
• Onder die mooi dekmantel van eenwees en saam bou, wil hulle ons ontheem en van ons kultuur vervreem.
Sinoniem:
• ontwortel
Verwant:
• ontheemde
• ontheemdes
• ontheming
Vertaling:
Engels: to displaced
Nederlands: onthemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.