verhaal [boodskap #125902 ]
Fri, 17 May 2019 06:55
Leksikograaf
Boodskappe: 21085Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verhaal
Afbreking: ver•haal
Uitspraak: /fərˈɦɑːl/
Selfstandige naamwoord: verhaal
Meervoud: verhale
Verkleinwoord: verhaaltjie
Meervoud van verkleining: verhaaltjies
Betekenis:
• 'n Storie of vertelling; verslag van 'n ware of fiktiewe gebeurtenis.
Gebruik:
• Alice se avonture in Wonderland is 'n verhaal wat aanvanklik aan drie dogtertjies op 'n uitstappie vertel is.
• Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal ... [Somerkersfees, Koos du Plessis]
Sinoniem:
• storie
• vertelling
Hiponiem:
• feëverhaal
• jeugverhaal
• kortverhaal
• kinderverhaal
• liefdesverhaal
• reisverhaal
Vertaling:
Engels: story, narrative, account
Nederlands: verhaal
Werkwoord: verhaal
Verlede tyd: het verhaal
Betekenis:
• Skadevergoeding eis; koste laat betaal; terugwin.
• (ongewoon ) 'n Storie vertel, berig.
Gebruik:
• Die koste moet van die skuldige party verhaal word.
• Die apostel Paulus het verhaal hoe dat hy ook gedoen het wat nie reg is nie.
Vertaling:
Engels: to recover; to tell, narrate
Nederlands: verhalen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.