dogter [boodskap #125899] |
Fri, 17 May 2019 06:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dogter
Afbreking: dog•ter
Uitspraak: /ˈdoχtər/
Selfstandige naamwoord: dogter
Meervoud: dogters
Verkleinwoord: dogtertjie
Meervoud van verkleining: dogtertjies
Betekenis:
• (familie) 'n Kind wat 'n meisie is; 'n vroulike afstammeling.
• 'n Meisie in die algemeen.
Gebruik:
• Die egpaar is 'n pragtige dogter ryker.
• Al die dogters word genooi om te kom netbal speel.
Sinoniem:
• meisie
• meisiekind
Antoniem:
• seun
Afgelei:
• kleindogter
Vertaling:
Engels: daughter, girl, girlie
Nederlands: dochter
Xhosa: intombi
Zoeloe: indodakazi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|