Leksikograaf Boodskappe: 21085 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
pa
Afbreking: pa
Selfstandige naamwoord: pa
Meervoud: pa's
Verkleinwoord: pappie, pa'tjie
Meervoud van verkleining: pappies
Betekenis:
• 'n Mens se manlike ouer.
Gebruik:
• Ek en my pa gaan visvang.
Spreekwoord:
• Hy moet maar pa staan daarvoor. [Die egtheid en betroubaarheid van iets waarborg.]
• Was jou pa 'n glasmaker? [Jy staan in my lig.]
• Hy is uit sy pa se aangesig gesny. [Hy lyk soos sy pa.]
• Iemand is sy pa uitgedruk. [Iemand lyk presies soos sy pa.]
Sinoniem:
• vader
• papa
Antoniem:
• ma
• mama
Verwant:
• oupa
Vertaling:
Engels: dad, father
Nederlands: pa
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.