Betekenis:
• 'n Betrekking; die werk of hulp wat verleen word.
• 'n Diensverlenende instansie; die werk wat 'n spesifieke afdeling of organisasie lewer.
• 'n Militêre of maatskaplike verpligting; diensplig.
• 'n Kerk- of ander gewyde geleentheid.
• 'n Afslaan in 'n balsport (soos tennis of pluimbal).
Gebruik:
• Sy het 10 jaar diens. Ons moet nog mense in diens neem.
• Die weerdiens is maar power. Mense wat noodsaaklike dienste verrig mag nie staak nie.
• Hy het militêre diens in Angola verrig. Watter suster is aan diens by die hospitaal?
• Die "Onse Vader" word aan die einde van die diens gesing.
• Watter tennisspeler het die vinnigste diens?
Spreekwoord:
• Die een diens is die ander werd. [As jy iemand help, behoort hy jou weer te help.]