ontdek [boodskap #125844] |
Wed, 15 May 2019 07:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontdek
Afbreking: ont•dek
Werkwoord: ontdek
Verlede tyd: het ontdek
Betekenis:
• Iets kry of vind wat nie vantevore bekend was nie.
Gebruik:
• Bartolomeus Dias het die Kaap die Goeie Hoop in 1488 ontdek.
• Sy verander haar voorkoms en gedrag om te keer dat sy ontdek word.
Afgelei:
• ontdekker
• ontdekking
Verwant:
• uitvind
Vertaling:
Engels: to discover
Nederlands: ontdekken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|