Oor die profiel van Lucien Bouchard. [boodskap #10477] |
Wed, 27 August 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hier in Kanada was vir die afgelope dae die volgende
voorbladnuus: dat 'n psigiater van Toronto, Dr. Vivian
Rakoff, 'n ruk gelede vir 'n Liberale Parlementslid 'n
sielkundige profiel geskryf het van Lucien Bouchard,
die huidige premier van Quebec en voorheen die leier
van die Bloc Quebecois in die Federale Regering. Dr.
Rakoff, voorheen professor by die Universiteit van
Toronto en voorheen direkteur en hoof-sielkundige van
die Clark Institute, kom oorspronklik van Kaapstad.
Wanneer 'n mens nou die uittreksels uit wat hy gesê
het in die koerante lees, dan lees ek as Afrikaner sy uit-
sprake met 'n spesiale aandag. Hy praat daarvan dat die
Quebec nasionaliste 'n "contemporary disguise for old
longings" wil hê. Hy sê dat die Separatiste maar net op
die oppervlakte twintigste eeuse redes aanvoer vir 'n
aparte Quebec, maar dat hulle werklik gegrond is in
"yearnings grounded in blood, history, ancient wrongs,
triumphs, martyrs, songs and the sense of a shared fate."
Of wat hy sê waar is, wil ek nou nie hier op ingaan nie.
My Afrikaner-intuisie waarsku my egter dat Dr. Rakoff
heelwaarskynlik dieselfde diagnose sou gemaak het terug
in Suid-Afrika oor die lot en dade van die Afrikaner. Dis
baie maklik vir mense in 'n dominante groep om resep-
oordele oor ander te hê. Dit was die oordeel oor Afrikaners
gedurende die eerste deel van die twintigste eeu. Dit was
die geval met die fasiele oordele wat wit nasionaliste
gemaak het teenoor die begeertes en ambisie van die nie-
blanke deel van die SA bevolking in die tweede deel van
die eeu.
Die ware toestand van sake is gewoonlik baie meer
ingewikkeld. Daar is twee soorte federaliste: die wat wil
hê dat daar aan Quebec se behoefte om verskillend te
wees gehoor gegee moet word, dat hulle dus as "distinct
society" herken moet word, binne Kanada. Die ander groep
is meer militant, en wil duidelik maak dat die aksie van af
te skei onwettig sou wees in die howe, en dat as daar so 'n
verklaring van onafhanklikheid kom, die grense van die
huidige Quebec en moontlike afskei van sekere dele van
Quebec alles in geding sal kom. In albei hierdie kampe is
die hoofspelers Franse Kanadese, gewoonlik uit Quebec.
'n Mens moet die argument dus amper sien as 'n familie-
geveg tussen twee gedagterigtinge in die Franse familie.
Bostaande is darem ook 'n effense oorvervoudiging.
Om een groep 'n "distinct society" te verklaar, word hewig
teengestaan deur die westelike Kanadese provinsies en ook
deur die Eerste Nasies.
In alle geval, dit maak die Kanadese politiek interessant
op die oomblik. Vanoggend is die "Smile" in die Globe and
Mail: Entry on Lucien Bouchard in his High School Year
Book - "member of the class most likely to secede."
Gloudina Bouwer
|
|
|