aandelemakelaar [boodskap #125836] |
Wed, 15 May 2019 06:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aandelemakelaar
Afbreking: aan•de•le•ma•ke•laar
Samestelling: aandele + makelaar
Selfstandige naamwoord: aandelemakelaar
Meervoud: aandelemakelaars
Betekenis:
• (beroep) Iemand wat aandele koop en verkoop.
Gebruik:
• Wanneer 'n belegger aandele wil koop of verkoop, moet dit deur 'n aandelemakelaar geskied wat by die JSE geregistreer is.
Sinoniem:
• effektemakelaar
• makelaar
Verwant:
• aandeelhouer
Vertaling:
Engels: stockbroker
Nederlands: effectenmakelaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|