Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
god
Afbreking: god
Selfstandige naamwoord: god
Meervoud: gode
Verkleinwoord: godjie
Meervoud van verkleining: godjies
Betekenis:
• (religie) Belangrike wese wat aanbid word of waaraan andersinds groot waarde geheg word.
Gebruik:
• Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
• Dionisos is in die Griekse mitologie die god van wyn, teater, druiwe, rituele waansin en religieuse ekstase.
Spreekwoord:
• Die mens wik, maar God beskik. [Die mens maak planne, maar dinge gebeur soos God dit bestier.]