Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ina Bakker (1875-1966) skryf ná haar huwelik onder die naam Ina Boudier-Bakker. Sy was een van die mees gelese skryfsters in Nederland. Ook in Suid-Afrika geniet sy groot bekendheid deur haar sketse uit die kinderlewe: Kinderen (1905). Nie minder beroemd nie is die Amsterdamse familieroman Armoede (1909). Die meesterwerk uit haar eerste periode is egter haar novelle De Straat (1924). Haar belangrikste kom uit die laaste periode van haar lewe: Kleine Kruisvaart, wat sy op tagtigjarige leeftyd geskryf het, en Finale, twee jaar later.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.