skrywer [boodskap #125821] |
Tue, 14 May 2019 16:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skrywer
Afbreking: skry•wer
Selfstandige naamwoord: skrywer
Meervoud: skrywers
Verkleinwoord: skrywertjie
Meervoud van verkleining: skrywertjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat skryf.
• (beroepe) Outeur; persoon wat publikasies (gewoonlik vir 'n inkomste) skryf.
Gebruik:
• Wie is die skrywer van die brief?
• Deon Meyer is 'n beroemde skrywer wat talle romans gepubliseer het.
Sinoniem:
• outeur
Antoniem:
• leser
• skryfster (vroulik)
Vertaling:
Engels: writer
Nederlands: schrijver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|