Betekenis:
• Die vernaamste sake- en bevolkingsentrum van Suid-Afrika, die hoofstad van die Gautengprovinsie en setel van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.
Gebruik:
• Vandag is Johannesburg 'n smeltkroes van tale en kulture wat steeds nuwe aankomelinge van dwarsoor Afrika lok.
Nota:
• Die stad is waarskynlik na Johann Rissik en Christiaan Johannes Joubert genoem, wat die ligging van die mynstad gekies het. 'n Ander moontlikheid is dat die stad na veldkornet Lucas Johannes Meyer, die eerste owerheidsamptenaar van Johannesburg, genoem is.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.