aanvaar [boodskap #125764 ]
So, 12 Mei 2019 18:20
Leksikograaf
Boodskappe: 20799Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvaar
Afbreking: aan•vaar
Werkwoord: aanvaar
Verlede tyd: het aanvaar
Teenwoordige deelwoord: aanvaardend
Verlede deelwoord: aanvaar
Betekenis:
• Berus by iets; stry nie daarteen nie, maar gaan daarmee saam.
• In besit neem.
• 'n Bepaalde amp of taak opneem.
Gebruik:
• Huxley was traag om sekere van Darwin se idees te aanvaar .
• Hy het die geskenk aanvaar .
• Sy aanvaar die amp as die koerant se voltydse redakteur.
Sinoniem:
• aanneem
• adopteer
Antoniem:
• verwerp
Afgelei:
• aanvaarbaar
• aanvaarding
Vertaling:
Engels: accept
Nederlands: aanvaarden
Werkwoord: vaar aan , aanvaar
Verlede tyd: het aangevaar
Teenwoordige deelwoord: aanvarend
Verlede deelwoord: aangevaar
Betekenis:
• 'n Hawe besoek; aandoen.
• Stamp; teen 'n ander skip of ander ding vaar.
Gebruik:
• Die skip moes by Durban aanvaar om vars water en vrugte te laai.
• Daar was 'n gevaar om deur die digte mis aangevaar te word.
Vertaling:
Engels: to sail
Nederlands: aanvaren
Nota:
• Hierdie is 'n klemtoonhomogram (áánvaar vs. aanváár).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.