verander [boodskap #125759] |
So, 12 Mei 2019 17:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verander
Afbreking: ver•an•der
Werkwoord: verander
Verlede tyd: het verander
Betekenis:
• Iets anders maak; sodanig aan iets werk of behandel dat dit anders word.
• Anders raak; 'n proses van veranderings ondergaan.
Gebruik:
• God verander sy gesindheid wanneer mense hulle gedrag verander.
• Hy het baie verander.
Spreekwoord:
• Jakkals verander van hare, maar nie van snare. ['n Mens ontgroei nooit jou ingebore geaardheid nie.]
Sinoniem:
• wysig
Antoniem:
• stagneer
Afgelei:
• veranderend
• verandering
Vertaling:
Engels: to change, alter
Nederlands: veranderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|