Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontwerp
ontwerp [boodskap #125752] So., 12 Mei 2019 16:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26199
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ontwerp
Afbreking: ont•werp




Selfstandige naamwoord: ontwerp
Meervoud: ontwerpe
Verkleinwoord: ontwerpie
Meervoud van verkleining: ontwerpies

Betekenis:
• 'n Plan of voorstelling wat wys hoe iets gaan lyk as dit klaar is.

Gebruik:
• Die wolkekrabber se ontwerp word gekenmerk deur skerp lyne wat die oog na bo lei.

Sinoniem:
• inbeelding
• konsep
• plan
• skema
• voorstelling

Afgelei:
• ontwerper
• ontwerpfase
• ontwerpfout

Vertaling:
Engels: design, plan
Nederlands: ontwerp


Werkwoord: ontwerp
Verlede tyd: het ontwerp
Verlede deelwoord: ontwerpte

Betekenis:
• Om te bedink en op papier uit te werk.

Gebruik:
• Gerard Moerdyk het die Voortrekkermonument ontwerp.

Vertaling:
Engels: to design
Nederlands: ontwerpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hou
Volgende onderwerp: state
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 20 22:10:11 UTC 2026