Tuis » Taal » Woordeboek » ontwerp
ontwerp [boodskap #125752] |
So., 12 Mei 2019 16:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21430 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontwerp
Afbreking: ont•werp
Selfstandige naamwoord: ontwerp
Meervoud: ontwerpe
Verkleinwoord: ontwerpie
Meervoud van verkleining: ontwerpies
Betekenis:
• Skets of plan wat wys hoe iets gaan lyk as dit klaar is.
Gebruik:
• Die wolkekrabber se ontwerp word gekenmerk deur skerp lyne wat die oog na bo moet lei.
Afgelei:
• ontwerper
• ontwerpfout
• ontwerpfase
Vertaling:
Engels: design
Nederlands: ontwerp
Werkwoord: ontwerp
Verlede tyd: het ontwerp
Betekenis:
• Bedink en op papier uitwerk.
Gebruik:
• Gerard Moerdyk het die Voortrekkermonument ontwerp.
Vertaling:
Engels: to design
Nederlands: ontwerpen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Vorige onderwerp: |
hou |
Volgende onderwerp: |
state |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 07 14:50:24 UTC 2025
|