Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bahia (Portugees vir Baai) is een van die 26 state van Brasilië. Die staat lê aan die Atlantiese kus en beslaan die middelste en noordelike dele van die Sáo Francisco-vallei. Dit lewer diamante, suiker, katoen, koffie, kakao en tabak. Die hoofstad is Sáo Salvador, voorheen Bahia, 'n belangrike hawestad. Dit was tot 1763 die hoofstad van Brasilië.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.