Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bahama-eilande (Gemenebes van die Bahamas) is 'n groot groep koraaleilande in Brits-Wes-Indië. Die Bahama-eilande is meestal klein en word hoofsaaklik bewoon deur Negers, afstammelinge van vrygelate slawe uit Afrika. Die eilande het ’n aangename klimaat en word in die winter deur groot getalle Amerikaners besoek. Uitvoer: sponse, tamaties, hout. Die Bahama-eilande is 1492 deur Columbus ontdek en is sedert 1783 ’n Britse besitting. Die hoofstad is Nassau. Die V.S.A. huur sedert 1940 daar ’n vlootbasis.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.