Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mag (mág)
mag [boodskap #125734] Sat, 11 May 2019 18:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
mag
Afbreking: mag
Uitspraak: /maχ/




Werkwoord: mag
Verlede tyd: mog

Betekenis:
• Toestemming vir 'n sekere optrede vra of gee; magtiging versoek of verleen.
• Iets vir iemand wens; toewens.

Gebruik:
Mag ek koek kry? Nee, jy mag nie!
Mag jy 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwejaar beleef.

Vertaling:
Engels: may, might
Nederlands: mogen


Selfstandige naamwoord: mag
Meervoud: magte
Verkleinwoord: maggie
Meervoud van verkleining: maggies

Betekenis:
• Die krag, vermoë of reg om dinge te doen wat ander nie kan doen nie.
• Groep mense, soos 'n staat of 'n leër ('n gesagdraende liggaam).
• Aantal kere vermenigvuldig met.

Gebruik:
• Die koningin het absolute mag oor haar onderdane.
• Sy pa was in die polisie, en hy het toe self by die mag aangesluit.
• Tien tot die mag drie.

Spreekwoord:
• Met man en mag. [Met alle mag.]
Mag gaan bo reg. ['n Sterk mens kan maak wat hy wil.]

Vertaling:
Engels: force, strength; authority, might; power
Nederlands: macht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geskiedenis
Volgende onderwerp: bereik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 17:49:20 UTC 2024