wit [boodskap #125722] |
Sa, 11 Mei 2019 09:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wit
Afbreking: wit
Uitspraak: /vət/
Byvoeglike naamwoord: wit
Vergrotende trap: witter
Oortreffende trap: witste
Attributief: wit (witte)
Partitief: wittes
Intensief: lakenwit, melkwit, skitterwit, spierwit
Betekenis:
• Die ligste kleur, soos die kleur van melk of sout.
Gebruik:
• Wit lig bestaan uit al die kleure van die reënboog saam.
Spreekwoord:
• Dis 'n wit olifant. [Dit dien geen doel nie en is 'n oorlas.]
• Hy kla met 'n wit brood onder die arm. [Kla onnodig.]
Vergelyking:
• So wit soos sneeu.
• So wit soos 'n laken.
• So wit soos was.
Antoniem:
• swart
Afgelei:
• witagtig
• witbrood
• witterig
Vertaling:
Engels: white
Nederlands: wit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|