Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rol
rol [boodskap #125700] Vr., 10 Mei 2019 21:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26581
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
rol
Afbreking: rol
Uitspraak: /rɔl/




Selfstandige naamwoord: rol
Meervoud: rolle
Verkleinwoord: rolletjie
Meervoud van verkleining: rolletjies

Betekenis:
• Iets wat in die vorm van 'n sirkel opgedraai is; silindervormige voorwerp.
• 'n Karakter wat deur 'n akteur in 'n rolprent of toneelstuk vertolk word.
• 'n Belangrike funksie of taak wat iemand of iets vervul.

Gebruik:
• Koop 'n rol toiletpapier. Ons bakkery maak lekker rolletjies.
• Hy speel die rol van generaal De la Rey.
• Ouers speel 'n belangrike rol in hulle kinders se opvoeding.

Hiponiem:
• byrol
• filmrol
• hofrol
• hoofrol
• rolprentrol
• sleutelrol
• verhoogrol
• televisierol
• potjierol
• toiletrol

Afgelei:
• rolbal
• roller
• rolmodel
• rolprent
• rolskaats
• rolstoel
• roltrap

Vertaling:
Engels: roll; role, part; function
Nederlands: rol


Werkwoord: rol
Verlede tyd: het gerol
Teenwoordige deelwoord: rollend, rollende
Verlede deelwoord: gerolde

Betekenis:
• Om draaiend oor 'n oppervlak te beweeg; 'n ronde voorwerp laat tol.
• Om tot 'n ronde voorwerp te vorm.
• Om plat te maak deur 'n silindriese voorwerp oor iets te beweeg; uitrol.

Gebruik:
• Die klip rol van die berg af.
• Ons moet frikkadelle vir aandete rol.
Rol die deeg sodat ons koekies kan bak.

Spreekwoord:
• Die bal aan die rol sit. ['n Saak begin; aan die gang sit.]
• Hy rol vir my 'n klip uit die pad. [Doen 'n guns vir iemand.]

Afgelei:
• afrol
• omrol
• oprol
• uitrol

Vertaling:
Engels: to roll, tumble
Nederlands: rollen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: binne
Volgende onderwerp: tans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Sep. 22 20:01:47 UTC 2026