Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Baden kan na een van die volgende verwys:
1. Land in Suidwes-Duitsland; sluit die Swart Woud in; ryk aan minerale en hout; bekend vir sy warm bronne, veral by die stad Baden-Baden, wat reeds sedert die Romeinse tyd genesende bronne het. Baden was van 1803 tot 1918 'n groothertogdom, met hoofstad Karlsruhe; sedert 1952 deel van die "land" Baden-Wiirttemberg met hoofstad Stuttgart in die Duitse Bondsrepubliek.
2. Gesondheidsoord, Switserland; sedert die Romeinse tyd bekend vir warm minerale bronne.
3. Gesondheidsoord, Oostenryk, by die Weense Woud, met radioaktiewe swawelbronne, sedert die Romeinse tyd bekend.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.