Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Badajoz is 'n stad in Wes-Spanje, op die linkeroewer die Guadiana en naby die Portugese grens. Die stad het 'n ou katedraal en bouvalle van ’n Moorse kasteel.
Badajoz is in die 8ste eeu deur die More verower. Na die "reconquista" is die gebied deur verskeie eeue tussen Spanje en Portugal betwis, met wisselende beheer wat verskeie oorloë tot gevolg gehad het. Dit is ook die toneel van Wellington se oorwinning oor die Franse in 1812.