Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Johann Christian Bach (1735 - 82) was 'n Duitse komponis, jongste seun van J.S. Bach; het ’n kwarteeu in Engeland gewoon en het die bynaam "die Engelse B." gekry. Sy komposisies is konvensioneel in die barokstyl; nietemin het veral sy simfonieë sy groot bewonderaar, Mozart, sterk beïnvloed. Net soos sy pa het hy 'n oeuvre van meer as 90 simfonieë, ongeveer 40 konserte, meer as 30 sonate en 14 operas agtergelaat.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.